Oorlog

Oorlog is 'n verskynsel van georganiseerde gewelddadige konflik, wat gekenmerk word deur uiterse aggressie, gemeenskapsontwrigtings en - aanpassings, en 'n hoë sterftesyfer. Die mikpunt van oorlog verskil na gelang van 'n groep se rol in die konflik. Die doelwitte van offensiewe oorlog is tipies die onderwerping, assimilasie of uitdelging van 'n ander groep, terwyl die doelwitte van defensiewe oorlogvoering bloot die afweer van die offensiewe mag is, en dikwels, oorlewing in eie reg. Relatief tot mekaar, word die stryders in oorlog vyande genoem. Die terme militêr, militant, en militarisme verwys onderskeidelik na die grondliggende fasette van oorlog, wat naamlik die georganiseerde groep, die strydende individu, en die onderliggende ethos is. Verskeie aspekte van oorlog sluit in: Die krygskuns krygsgeskiedenis oorlogsverklaring die ultimatum die beëindiging van vyandelikhede krygsreg see-oorlogvoering lugoorlogvoering informasieoorlogvoering


Developed by StudentB